Kotje van Ketje

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Kotje van Ketje is geleë in Marloth Park, 'n natuurbewarea wat grens aan die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin. Marloth Park het ook oop grasvelde waar geen huise gebou word nie. Die diere loop vrylik tussen die huise rond, so dit is ideaal vir natuurliefhebbers.

Kotje van Ketje is 'n selfsorg-vakansiehuis met slaapplek vir 6 persone. Dit het 'n groot kombuis, eetkamer en sitkamer. Daar is 3 slaapkamers waarvan 2 toegerus is met dubbelbeddens en en suite-badkamers en 1 slaapkamer het 'n stapelbed en 'n bababed wat kan opvou. Die hoofbadkamer het 'n stort, wasbak en toilet waar die tweede badkamer 'n stort, wasbak en gaste-toilet het. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware.

Die huis het moderne geriewe soos elektrisiteit, water, lugversorging in die hoofslaapkamer en sitkamer, waaiers in al die kamers, 'n moderne alarmstelsel, radio en TV. Daar is 'n eetkamertafel, leunstoele, 'n toesluitmotorhuis en 'n braai-lapa met tuinmeubels. 100 meter van die eenheid af is daar winkels en restaurante waar jy die basiese noodsaaklikhede kan kry. 'n Skottel is beskikbaar en gaste kan hul eie DStv-dekodeerder bring. Daar is 'n BVN-dekodeerder en 'n Open View-dekodeerder vir die basiese kanale.

Let asseblief daarop dat daar geen olifante, renosters, buffels of leeus in Marloth Park is nie, maar jy kan hulle in Krugerwildtuin sien. Aangesien die omgewing vol wild is, word geen troeteldiere ongelukkig toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Kotje van Ketje sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Stapelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kotje Van Ketje gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R810 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za