LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kraaines | LekkeSlaap
+15

Kraaines

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidestraat 19, Boggomsbaai, 6511, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Kraaines is 'n moderne selfsorgstrandhuis met slaapplek vir 8 gaste net 500 m vanaf die strand in Boggomsbaai.

Die ruim huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en dis ideaal vir 2 gesinne. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir kinders. Een van die badkamers het 'n bad en 'n toilet en die tweede badkamer het 'n stort en 'n toilet. 'n Buitestort is beskikbaar en linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

Gaste kan in die sitarea met 'n knus kaggel ontspan en die huis bied 2 TV's met films vir kinders en volwassenes, 'n verskeidenheid musiek en toegang tot Netflix. DStv is nie beskikbaar nie, maar gaste het toegang tot 50GB se WiFi.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n lieflike see-uitsig. Buitebraaigeriewe, tafeltennis en 'n veerpyltjiebord is in die dubbelmotorhuis beskikbaar. Vuurmaakhout word nie voorsien nie en gaste moet dit asb. saambring.

Gaste kan die verskeidenheid voëls en wild in die omgewing aanskou, die lieflike strand verken en walviskyk tussen Julie en November. Boggomsbaai is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n rustige bestemming sonder straatligte en winkels.

Slaapplek

’n Bespreking by Kraaines sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Heidestraat 19, Boggomsbaai, 6511, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidestraat 19, Boggomsbaai, 6511, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA32a87765c0cf8c37b8762fa584ff8b59ec042ab8adcc29fad622469fc27f573e26b9f9d1c60403e9349182547e150777a08f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800  per nag (plek vir 8) 19 Heide Street Boggomsbaai 6511 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.2671979 21.9113661
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!