Kriluki Accommodation
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Adriaan Moorrees-pad, Karindal, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
- Vanaf R1 005 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kriluki Accommodation bied knus selfsorg-vakansieverblyf in Karindal, Stellenbosch. Dit is op pad na Jonkershoek Natuurreservaat en naby Stellenbosch se middedorp.
Hierdie verblyf bied 'n kothuis met slaapplek vir 2 en 'n kothuis met slaapplek vir 4. Die slaapkamer in die kleiner kothuis het 'n dubbelbed. Die groter kothuis beskik oor 2 slaapkamers met onderskeidelik 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Al die badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Al die linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kothuise het 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 'n etenstafel en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Beide kothuise lei na 'n privaat houtdek met sitplek. Gaste kan in die omgewing fietsry en stap en die verblyf is ook naby die universiteiskampus.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Vincent Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Adriaan Moorrees-pad, Karindal, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
- Gaste dink Kriluki Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uniepark Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Adriaan Moorrees-pad, Karindal, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap