Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kromrivier Cederberg Park

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Samanta Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Jaar gelys 10

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 22 resensies vir Kromrivier Cederberg Park
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5
Gregg R - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gregg R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Amazing views and tranquility.

Amazing staff and restaurant food was very enjoyable. Great wine and beers offered and the amenities were great.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Albertus V - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Albertus V
Saam met vriende

Uitstekende bestemming!

Baie aangename ervaring. Sal definitief weer besoek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elsje R - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elsje R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Amazing diens gewees. Baie mooi skoon en netjiese kothuise. Sal vir seker almal aanbeveel om 'n aand of twee hier oor te slaap.

Die diens by onvangs was baie goed gewees. Ons het baie tuis gevoel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Francois G - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois G
Saam met vriende

Uiters rustig, en sal aanbeveel.

Skoon en netjies. Ek kan nie wag om weer terug te gaan nie. Dit is 'n moet om daar 'n draai te kan gaan maak.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Peter M - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Peter M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Two days of calm, clear mountain air.

Simply a wonderful location and very special place.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hannelie V - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannelie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflike verblyf in uitsonderlike omgewing.

Ons verblyf in een van die luukse kothuise was baie aangenaam. Die kothuise is modern en gerieflik ingerig met kwaliteit afwerkings. Alles wat ons benodig het, was beskikbaar - elektriese komberse, 'n reusekaggel in die woonvertrek en kaggels met stofies in beide slaapkamers en tot 'n skottelgoedwasmasjien. Die natuurskoon in die omgewing is werklik besonders en ideaal vir enige persoon wat lief is vir die buitelewe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ida W - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ida W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker ontvlugting.

Baie ruim kampeerplek waarvandaan mens baie avontuurtjies kan aandurf. Let op jy moet 'n voorbereide kampeerder wees want daar's nie 'n kombuis met yskas nie.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kromrivier Cederberg Park se terugvoer

More Ida

Baie dankie vir die resensie.
Ons waardeer dit baie en hoop ons sien julle weer.
Die kragpunte is ook maar nuut vir ons , nou kan gaste hulle eie yskassies bring.

Geseende dag verder

Groete
Samanta Koegelenberg

Kromrivier Cederberg Park
Erina B - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erina B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Skaduryke kampplekke in pragtige, rustige tipiese Sederberge-landskap

Heerlike skaduryke kampplekke met eie badgeriewe - eenvoudig maar skoon en netjies. Die WiFi is 'n onverwagse bonus - nie essensieël nie, maar tog lekker om maklik met familie te kan kontak maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elizabeth I - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elizabeth I
Saam met eggenoot / lewensmaat

Camping, wedding 24 hours.

Fabulous place to camp, love the ablution facility per campsite, need to spend at least a weekend due to the offroad distance.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Chris P - Feb 2017
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Chris P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het nie die wooneenheid gekry waarvoor ons betaal het nie en die een wat ons ontvang het, was 'n ongerieflike, vuil en vervalle plek.

Ons het die pad via Op-die-Berg geneem volgens die roetebeskrywing wat saam met die besprekingsdokumente aan ons voorsien is. Ná 'n nagmerrie van 'n grondpad het ons uiteindelik by ons bestemming uitgekom. By ontvangs het ons genoem van die pad wat so onrybaar sleg is. Toe moes ons hoor dat ons liewer die N7/Algeria-pad moes geneem het wat baie beter en baie korter is. My vraag is waarom word die langer en slegter pad op die roetebeskrywing aanbeveel, terwyl daar nie melding gemaak van die beter en korter pad nie? Die ontvangslokaal is 'n imposante nuwe gebou wat 'n goeie indruk skep. Die ontvangsdame was baie vriendelik en behulpsaam. Toe moes ons hoor dat ons 'n ander woonplek kry as die een wat aan ons toegewys is en waarvoor ons betaal het. Geen rede kon aan ons verskaf word vir die skuif nie, maar ons is verseker dat die gehalte dieselfde is en dat daar 'n dubbelbed is. Die ontvangsdame het die roete na die woonplek verduidelik en genoem dat die name van die huisies op die huisies staan. Ons moes lank soek voor ons dit kon vind, want die name is nie van die pad af sigbaar nie. Fiskaal was 'n skrille kontras teenoor die ontvangslokaal. Ons was geskok in die toestand en gehalte van die plek. Die plek was volgens ons nie vir bewoning deur beskaafde mense geskik nie. Ons weet nie waarvoor die eienaars ons aangesien het nie, maar ons het beledig en vernederd gevoel. Ons was moeg na die lang reis en het besluit om in te trek en die beste van 'n slegte saak te maak. Op die voordeur was 'n kennisgewing wat gaste versoek om die lys van kombuistoerusting te kontroleer vir korrektheid. Ons het dit gedoen en 'n lys van vermiste items gemaak omdat ons nie bereid was om daarvoor te betaal nie. Ons is toe die lys by ontvangs gaan ingee en het toe genoem dat ons dit doen omdat ons ook 'n gastehuis gehad het en dat ons nie vir die verlore goed verantwoordelik gehou wil word nie. Daar was nog ander mense in die ontvangslokaal en iemand het toe gereël dat die verlore goed vervang word. Dit was egter vir ons duidelik dat die mense nie van klagtes hou nie. Daar was 'n duidelike antagonisme te bespeur. Om verdere onaangenaamheid te vermy, het ons nie melding gemaak van die toestand van die huisie nie. Toe ons van die ontvangs af terugkom by die huisie, was 'n skoonmaker besig om die verlore items te vervang. Aangesien daar op die kennisgewing op die deur 'n aantal verwarrende instruksies was oor die beskikking oor kombuisafval, het ons by die dame verneem hoe dit hanteer moet word, maar sy kon nie help nie. Volgens die instruksies moet sekere goed herwin word en andere moet die gaste self verwyder. Sy kon egter nie vir ons sê waarin die herwinbare goed gegooi moet word nie. Sy het egter genoem dat sy 'n houer sal bring vir die varkkos. Sy het daarna bygevoeg dat sy 'n mop sal bring waarmee ons die vloere moet was. Op die kennisgewing op die deur was 'n versoek dat gaste die plek moet agterlaat 'as you would like to find it'. As ons hieraan moes voldoen, sou ek die volgende moes doen: (1)Ek sou die badkamer na binne die huis verskuif het. Die badkamer is buite op die stoep geleë, met die gevolg jy moet saans uitgaan om die toilet te gebruik. My vrou was bang om alleen snags uit te gaan, so ek moes ook opstaan om haar te vergesel. (2) Ek sou die badkamer van 'n behoorlike wasbak voorsien het waarin jy jou gesig en hare kan was. Die huidige wasbak is van die piepklein toiletsoort waarin jy skaars jou hande kan was. (3) Ek sou die los wasbakkrane behoorlik vasgeheg het. Beide krane het met pype en al in die rondte gedraai en ons was bevrees dat dit sou afdraai. (4) Ek sou die lekkende wasbakkraan moes regmaak. (5) Ek sou die lekkende toilet moes regmaak. (6) Ek sou die badkamervloere en -mure met teëls bedek het. (7) Ek sou die stukkende deurknop van die badkamerdeur vervang. Die flenterstukke van die deurknop het jou hand beseer as jy die deur moes oopmaak. (8) Ek sou die plek met insekdoder berook het om van die miere en kakkerlakke ontslae te raak. Ons het 'n hele blik Doom oor twee nagte uitgespuit om die insekte onder beheer te kry. (9) Ek sou gerieflike beddens voorsien en die betonblokke afbreek. (10) Ek sou kragpunte in die slaapkamers voorsien. Ons het 'n waaier saamgeneem vir die warm aande, maar kon dit nie in die kamer gebruik nie. (11) Ek sou die braaiplek met 'n driepootstaander vir die rooster voorsien. Die groot rotse wat daar is, is uiters ongerieflik. (12) Ek sou my eie personeel gebruik om 'n woonplek behoorlik skoon te maak nadat dit ontruim is. Dit wil voorkom asof daar op die gaste se skoonmaak staatgemaak word. Hoekom anders sal die personeel vir jou 'n mop bring om die vloere te was. Ons het vir drie nagte by Kromrivier bespreek want ek wou my 65 ste verjaardag op 15 Februarie heerlik in die Sederberge vier en geniet. Ná die tweede nag in Fiskaal het ons nie verder kans gesien vir die ongerief en ongemak nie en het ons die volgende oggend uitgeboek. Ons het die bogenoemde gebreke aan die ontvangsdame genoem as rede waarom ons nie langer kan bly nie. Soos ek reeds genoem het, was daar die eerste dag nog mense by die ontvangs, maar as dit die eienaars was, het hulle nie die vrymoedigheid of gasvryheid gehad om hulle aan ons voor te stel nie. Soos verder reeds genoem, het ons ook 'n gastehuis gehad wat deur SA Grading Council as 3-ster gegradeer is. As ek SAGC se kriteria op Fiskaal moes toepas, sou Fiskaal 'n minus-3 gekry het. By ons vertrek het ek weer die ontvangsdame gevra waarom ons nie die huisie gekry het waarvoor ek betaal het nie, maar sy het gesê sy weet nie want iemand anders het die bespreking gedoen. Ons het tydens ons verblyf na die huisie gaan kyk en na wat ons deur die vensters kon sien, was dit 'n meer aanvaarbare plek en die badkamer was ook in die gebou. Dié huisie het ook 'n mooi uitsig oor die dam gehad, terwyl ons by Fiskaal in die biesiebosse op die rivierwal moes vaskyk. Die feit dat gaste se aagewese akkommodasie sonder hul goedkeuring verander word, plaas 'n vraagteken oor die betroubaarheid van die bestuur. Ek sal my 65ste verjaardag seker vir altyd onthou, maar ongelukkig vir die verkeerde redes. Volgens die resensies op Kromrivier het vorige gaste ook al oor die plek gekla. Ons het al by ses ander gastehuise oorgebly en was nog altyd baie tevrede.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Louis V - Des 2016
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Louis V
Gesin met tieners

Teleurstellend.

Die tarief was billik, maar ons het ook die waarheid beleef van die gesegde "You get what you pay for". Die allesoorheersende indruk waarmee ons weggegaan het, is dat Kromrivier se prioriteit nie goeie kliëntediens is nie, maar eerder om so min as moontlik te spandeer op vakansiegangers, en ook om te kyk op watter verskillende maniere hulle ekstra geld uit vakansiegangers kan maak. 'n Mens gun dit vir hulle om suksesvol te wees, maar dan moet hulle die kommentaar wat volg ter harte neem: 1. Ons het, nadat ons by Ontvangs ingeboek het, 20 minute gesoek na ons huisie - hoeveel moeite en geld is dit nou regtig om 'n plan van die terrein vir gaste te gee, en ook om bordjies op te sit wat die verskillende huisies se name aandui? 2. Ons het die aand agtergekom dat daar nie seep in die badkamer is nie. Toe ons die volgende oggend gaan om te laat weet dat hulle vergeet het om seep in die huisie te sit, verwittig Samanta ons dat hulle nie seep verskaf nie. Hoeveel gaan dit hulle regtig kos om net te sorg vir seep? Hulle het ons ook nie vooraf verwittig dat hulle nie seep verskaf nie - sodat 'n mens verplig is om seep by hulle te moet koop. Daar is ook vir die 3 nagte wat ons gesin van 5 daar gebly het, slegs 2 rolle toiletpapier verskaf - ons moes ekstra rolle koop by hulle - hoeveel gaan dit hulle nou regtig ekstra kos om te sorg dat daar 'n voorraad is vir die duur van ons verblyf? (In Mount Ceder was daar 6 rolle verskaf). 3. Die restaurant se pryse is ook buitstensporig, bv. R25 vir 'n capuccino (by Mount Ceder, wat 'n vierster-instelling is, kry 'n mens vir R20 koffie PLUS 2 koeksisters). Kromrivier toon in hierdie opsig nie goeie besigheidsin nie - as hulle restaurantpryse minder buitensporig is, sal 'n mens dalk daarvan gebruik maak. 4. Wi-fi is ook baie duur - R30 vir 100MB. 5. Om dit alles te kroon, het die huisie op die vooraand van ons vertrek oorstroom met grys water (vanaf die stort en wasbakke). Ons kon sien dat dit 'n ou probleem is. Toe my vrou die volgende oggend toe ons uitboek vir Samanta noem dat 'n groot deel van die huisie oorstroom was, was haar antwoord "O". Die gepaste respons sou gewees het om apologeties te wees en verskoning te maak. Kromrivier moet nog leer en wys dat die gaste se belange eerste kom. Ons wens hulle verbetering en sukses in die toekoms toe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kromrivier Cederberg Park se terugvoer

Middag Louis,

Baie dankie vir jou kommentaar. Hiermee terugvoer op die punte genoem :

2. Ons verskaf nie seep nie. Daarom koop ons sepies aan en verkoop dit in die winkel. Mense bring gewoonlik hul eie badsakkie met alles in. Ek is net vreeslik bly ek kon 'n tandeborsel verkoop aan jou toe julle die seuntjie se tandeborsel vergeet het.
3. Ons restaurant het 'n groter verskeidenheid van produkte. Ons is glad nie in kompetisie met ons buurplase nie. Die restaurant was egter oorvol hierdie naweek, tot saans laat. Kromrivier is bekend vir sy uitstekende kos wat ons ten alle tye bied. Ons is steeds propvol.
4. Ongelukkig het ons nie sein nie. Die besigheid koop die Wi-Fi aan en dan verkoop ons dit vir presies dieselfde prys, dus nie winsgewend nie. Ek is dankbaar dat ek vir julle wel Wi-Fi kon bied sodat julle wel kon kontak maak met julle familie en vriende.
5. Dit was nie my antwoord nie. Ek het gesê : "Baie dankie vir laat weet - ek waardeer dit". Ek sal nooit my gaste onwelkom laat voel nie.
6. Ek kan egter nie onthou dat ek jou geantwoord het toe jy ontsteld geraak het oor 'n sepie nie. Sidder om te dink wat jou kommentaar dan sou wees. Ek verkies om geen verdere kommetaar daarop te lewer nie. Daar sal seep EN shampoo in ons nuwe huise wees.

Met alles genoem, stem ek saam dat daar altyd plek is vir verbetering.

Hoop jy en jou gesin het 'n absolute wonderlike Kersfees en mag die Here goed wees vir julle.

Groete,
Samanta Koegelenberg

Kromrivier Cederberg Park
Andries D - Jan 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andries D
Gesin met klein kinders

Dit was baie lekker en rustig!

Sien die sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marius L - Nov 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marius L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustigheid en stilte.

Hier kan jy jou batterye herlaai. Kromrivier is ons gunsteling verblyf-opsie in die Sederberge aangesien dit effens weg van die hoofroete is en dus stiller en rustiger is. Rhinda en haar personeel laat mens werklik deel voel van die familie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jacobus H - Okt 2015
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jacobus H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik in die Cederberge.

Verblyf is ideaal vir bergklimmers of iemand wat die Cederberge wil verken. Cederberg-kelder is naby en daar is baie doendinge in die omgewing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Kevin W - Sep 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kevin W

Great destination.

Great destination and wonderful getaway. Friendly owners.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ansie D - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ansie D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beautiful and so peaceful.

So peaceful and a great breakfast.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mariette M - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Mariette M
Saam met vriende

Ontspannende en heerlike wegbreek.

Ons almal het dit geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Suzanne B - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Suzanne B
Saam met vriende

Gorgeous location in Cederberg

We loved swimming in the dam and the river. Beautiful quiet cottages beside the dam. Very clean and with everything we needed. Some cottages have a bath, others have a shower. We got lost on the way to the Disa Pool, but enjoyed the caves, and the rock pools in the river.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Frans D - Nov 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Frans D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome area, fantastiese mense.

Die area is die grootste trekpleister, maar die verblyf is geweldig genotvol! Een van die grootste pluspunte, is dat jy kan doen net wat jou hart begeer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Leon N - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Leon N
Saam met vriende

Die eienaar is vreeslik vriendelik!

Die verblyf voldoen aan die nodige, ons sou net graag meer kombuis toebehore wou gehad het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elmar V - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmar V
Gesin met klein kinders

Surrounded by the Cederberg!

Stunning accommodation in the heart of the Cederberg! A comfortable and clean accommodation.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Russell S - Mrt 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Russell S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig en stil!

Moet dalk aandag gee aan gemaklike stoele in chalet. Die braairooster was ook nie voldoende nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R340
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R340
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R340
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 192 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromrivier, 62 km buite Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUP77L6RMsq4dzTBSp1B15irLWfEEla2f0ZC9e1mbDEKvWAiYZa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R340 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Kromrivier 62 km from Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.538295261189 19.283604224537
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem