Kuiergat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kuiergat is 'n selfsorgwoonstel teen die strand in Witsand met 'n uitsig oor die see vanaf die slaapkamer, sitkamer en balkon. As jy gelukkig is sal jy ook walvisse in die winter gewaar.

Die woonstel is op die eerste verdieping van die huis geleë, het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers. Let asb. dat daar ongeveer 15 trappe na die eenheid is. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens vir kinders. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en stort. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Handdoeke kan wel teen 'n eenmalige fooi gehuur word indien dit absoluut nodig is.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n tweeplaatstofie, oondjie, mikrogolfoond, yskas en ontbyttoonbank. In die sitkamer is daar 'n TV, 'n ingeboude binne braai en dit lei na 'n balkon. Gaste moet asseblief hul eie DStv-dekodeerders en -slimkaarte saambring. Nie geskik vir DStv Explora nie.

Braaigeriewe is ook op versoek op die grasperk beskikbaar en daar is parkeerplek vir 1 motor langs die huis. Parkeerplek vir 'n boot en ander motors moet voor aankoms gereël word. Gaste se besoekers moet asb. buite die kompleks parkeer.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. 'n Eenmalige skoonmaakfooi word by elke bespreking gehef. Gaste sal vir enige skade aan eiendom, hetsy aan gebou of inhoud, breekware, meubels ens verantwoordelik gehou word en sal die waarde soos bepaal per item moet betaal.

Slaapplek

'n Bespreking by Kuiergat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kuiergat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za