Kykmar Penthouse
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-singel 12, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kykmar Penthouse bied gehalteverblyf agter die Kykmar Strandhuis in Stilbaai en is ideaal vir 'n gesin van 4. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, en aktiwiteite en besienswaardighede.
Daar is 'n hoofslaapkamer op die onderste verdieping met 'n dubbelbed en 'n asemrowende uitsig. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en is ruim met 'n oopplan-ontwerp. Dié slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n asemrowende uitsig. Daar is ook 1 badkamer, 'n puik toegeruste kombuis en 'n leefarea. Gaste deel die badkamer op die onderste verdieping met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die stoep het 'n pragtige uitsig oor die riviermond en see. Die Penthouse grens aan 'n natuurreservaat met 'n verskeidenheid bokkies en voëls wat uit die eenheid gesien kan word.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gaskookplaat, oond, mikrogolf, wasmasjien, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die leefarea het 'n sitkamerstel met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Die skuifdeure lei na 'n houtdek wat met meubels en 'n asemrowende uitsig spog. Braaigeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die verblyf is met 'n omsetter toegerus.
Slaapplek
’n Bespreking by Kykmar Penthouse sluit in:
Kenmerke
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Hermi Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 92
Jaar gelys 5
Ligging
- Panorama-singel 12, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stilbaai-Oos Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-singel 12, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom