LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by La Boca Witsand | LekkeSlaap
+31

La Boca Witsand

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf 884 La Riviere-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

La Boca Witsand is 'n pragtige, privaat selfsorghuis op die La Riviere-sekuriteitslandgoed op die oewer van die Breederivermonding in Witsand. Die eiendom strek tot by die waterkant en die pragtige swemstrand onder die huis. Gaste het toegang tot 'n privaat stel trappe wat direk van die voorstoep af lei en is ook omhein.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Elke kamer het 'n see-uitsig of 'n uitsig oor die Breederiviermonding.

Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed, TV en deure wat na 'n privaat dek met direkte toegang tot die swembad lei. Die kamer het 'n pragtige en suite-badkamer met 'n spabad, stort, kristal kandelare en 'n wonderlike uitsig. Die tweede kamer het 'n koningingrootte- en stapelbed. Die kamer het 'n swembad- en rivieruitsig en 'n volledige badkamer met 'n bad en stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het dubbeldeure wat na 'n grasperk en swembad lei. Daar is ook 'n waskamer buite met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer kan op versoek vir 'n kinderoppasser ingerig word vir gaste wat langer kuier.

Dié Franse plaasstyl kombuis is goed toegerus met 'n oond, gasstoof, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas en nog ander toebehore.

Die leefkamer het 'n kaggel en is oopplan met die eetkamer. Die kombuis is aan die agterkant. Die leefkamer het 'n platskerm-TV met Netflix en gratis WiFi. Die groot houtdek lei na 'n oopplan-leefarea en -eetarea wat dan na die binnehof lei.

Die huis het parkeerplek vir 2 motors. Daar is 'n bootparkeerplek en visskoonmaakstasie. Die perseel het 'n ingeboude braai aan die westekant en 'n Weber-braai in die windbeskutte binnehof.

Gaste kan 'n kajak wat geskik is vir 2 volwassenes en 1 kind gebruik indien dit vooraf gereël is. Roei oor die sanbank wat tydens laagwater blootgestel is, en gaan tel skulpies op.

Alle ouderdomme is welkom, maar let op dat die eiendom nie besonder virendelik is vir klein kinders nie, want dit het 'n hele aantal trappe en 'n onbedekte swembad.

Klein troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by La Boca Witsand sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed Kinderstapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderstapelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir La Boca Witsand
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Erf 884 La Riviere-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Boca Witsand het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf 884 La Riviere-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3fb490d8d42929718e7ff60318a8162ac573791f56dc596c7fade209bea4b84a304479fb3afe6706b4715fd7943feb4da559?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 Erf 884 La Riviere Estate Witsand 6666 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.396903156345 20.832123946704
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!