La Dolce Vita Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Dolce Vita Guest House is 'n pragtige gastehuis in die skilderagtige dorpie, Kosmos, en bied 'n tikkie ouwêreldse romanse en 180°-uitsigte oor die Hartbeesboortdam. Dis die perfekte plek vir dekadente pieknieks, bootvaarte met sonsondergang of ontspanne spa-behandelings. Jy kan ook heerlik in jou privaat, luukse suite ontspan. Die suites het ook elkeen 'n privaat en suite-bederfbad of Jacuzzi.

Dis 'n ware toevlugsoord wat uitstaande gasvryheid en buitengewone persoonlike diens aan gaste bied.

Klim aan boord vir 'n uurlange bootrit op die Hartbeespoortdam. Hiér, in die skaduwee van die eeue oue Magaliesberge, sal jy ware rus en vrede vind. La Jennifer is een van die beste bote in Harties en het plek vir altesaam 25 passasiers.

Soos alle ware Italianers, glo ons dat kos die taal van die liefde is, en ons staan getrou agter die kospotte om vir jou ware dekadente disse voor te sit. Behalwe 'n hartlike Italiaanse ontbyt, bied ons 'n romantiese driegang-kersligete met Belgiese sjokolade en Italiaanse koffie.

Vir die mees romantiese siele bied ons 'n privaat eet-ervaring, afgesonderd van die hoof-eetarea, met sagte lig en klassieke musiek.

Vir konferensie- en privaat groepe is Paige se beroemde buitelug-tafel beskikbaar.

Vrydag - vonkelwyn en blomme in jou kamer met aankoms. Heerlike 3-gang maaltyd gevolg deur Belgiese sjokolade en Italiaanse koffie in die restaurant. Luukse verblyf met Jacuzzi of spa-bad met aromaterapie-mandjie.

Ná 'n groot Engelse ontbyt kan jy Saterdae langs die swembad ontspan of die omgewing gaan verken. Sonsondergang-bootvaarte met versnaperings is ook beskikbaar. Ons sjef, Paige, bedien ook weer 'n smullekker aandete.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Dolce Vita Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 260 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za