La Ferme
Kry 25% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 12 Feb 2024 tot 30 Apr 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 800R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
La Ferme bied gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal vir 'n ontspanne naweek weg in die Franschhoek-wynlande, sowat 10 km vanaf die Franschhoek-hoofweg en langs die Hawequa-natuurreservaat, geleë is. Dit is die ideale plek vir diegene wat in kunsvlieghengel belangstel ─ daar is damme op jou voorstoep. Hiér kan gaste 'n pragtige uitsig in 'n rustige omgewing geniet.
Daar is 4 selfsorgkothuise waarvan gaste kan kies wat elk 'n kombuisie en 'n leefarea het. Elke kothuis het 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, lugversorging, 'n TV met Showmax en braaigeriewe. Die chalet het 'n houtdek waar gaste kan ontspan en braai. Ontbytbokse kan op versoek bespreek word. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Gaste het toegang tot WiFi en die plaas maak van sonkrag met 'n batterystelsel gebruik wat rugsteunkrag aan die verblyf voorsien.
Die plaas is kindervriendelik en daar is 'n paar plaasdiere, klimraam en 'n swembad. Volwassenes kan die visdamme, Wemmershoekrivier of 'n braai op hul privaat stoep geniet.
Daar is 4 damme waarin reënboogforel, baars en karp gevang kan word. Gaste kan langs die dam piekniek hou en daar is braaigeriewe. Die naburige natuurreservaat bied aktiwiteite soos bergfietsry en voetslaan. Gaste kan hul eie fietse saambring, maar moet 'n permit deur Cape Nature bespreek om in die reservaat te ry.
Die area het bekroonde en pragtige wynplase wat verken kan word. Franschhoek het verskeie lieflike restaurante wat gaste kan besoek. Die Franschhoek Motormuseum is ook 'n gewilde trekpleister en is 10,3 km vanaf La Ferme geleë.
Daar is verskeie wynplase in die buurt, soos Lynx, Topiary, Freedom Hill of Eikehof, wat wynproeë aanbied. Net 'n entjie se ry vanaf hierdie verblyf kan restaurante by La Paris Estate, Lynx, Topiary of Antonij Rupert gevind word.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Tim Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 40
Jaar gelys 7
Ligging
- Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink La Ferme het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom