La Grotto
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11de Straat 173, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R11 310 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
La Grotto bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim Grecian-styl villa met pragtige see-uitsigte en is stapafstand vanaf die Blouvlagstrand, Grotto Beach, in Hermanus.
Dié huis beskik oor 5 slaapkamers wat slaapplek vir 10 gaste het. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié slaapkamer het ook 'n balkon met 'n uitsig op die berge. Net langsaan die hoofslaapkamer is daar 'n klein stapelbed-slaapkamer wat ideaal is vir klein kinders. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Hierdie 3 slaapkamers is op die grondverdieping en deel 'n badkamer met 'n bad en stort. 'n Baba-kot kan op versoek voorsien word.
Die vyfde badkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bied toegang tot die tuin.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese oond en gasstoof met 'n suigwaaier, 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser, wasmasjien en skoonmaakmiddels.
Verder beskik die huis oor binne- en buite-eetareas, 'n sitarea met 'n TV en sekere DStv-kanale, 'n kaggel, WiFi, strandhanddoeke en toiletware.
Daar is stoepmeubels, 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel, 'n onderdak- en ingeboude braai, 'n buitestort, 'n groot en privaat tuin, 'n vuurput, motorhuis vir fietse en branderplanke en parkeerplek.
Die ruim dek is die ideale uitkykplek om die oseaan te besigtig, die vars lug te geniet en net lekker te ontspan.
Slaapplek
’n Bespreking by La Grotto sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 53
Resensies 27
Jaar gelys 2
Ligging
- 11de Straat 173, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11de Straat 173, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom