La Mer 8
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Post Office-laan, Lawrence Rocks, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
La Mer 8 is 'n stylvolle en ruim woonstel met 'n asemrowende uitsig op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks in Margate. Die moderne woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste.
Die hoof- en tweede slaapkamer het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak, en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle nodige linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die woonstel is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die etenstafel het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel vir 5 gaste, asook 'n TV en WiFi. Daar is ook 'n ekstra sitarea vir 4 gaste. 'n Skuifdeur lei vanaf die sitarea en hoofslaapkamer na 'n groot stoep met 'n see-uitsig, stoepmeubels en 'n gasbraai.
Geriewe in die kompleks sluit 'n swembad, kelderparkeerplek, 'n hysbak en ekstra besoekersparkeerplek in.
'n Hek in die kompleks bied toegang tot die Lawrence Rocks-strand, net oorkant die pad. Margate se hoofstrand en visvangpier is ook stapafstand ver. Alle nodige winkels en restaurante is lekker nabygeleë.
Slaapplek
’n Bespreking by La Mer 8 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 72
Resensies 395
Jaar gelys 5
Ligging
- Post Office-laan, Lawrence Rocks, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Lawrence Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Post Office-laan, Lawrence Rocks, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom