Voorbaai Akkommodasie by La Palma Villas 35 | LekkeSlaap
+32

La Palma Villas 35

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 35, La Palma Villas, Beach Boulevard-Oos 41, Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

La Palma Villas 35 is in Diasstrand, tussen Mosselbaai en Hartenbos, geleë en bied verblyf aan 4 gaste. Dié selfsorgwoonstel het lieflike see-uitsigte.

Dié eenheid beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 badkamers. Linne word voorsien, maar bring asb. jou eie bad- en strandhanddoeke saam.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Verder is daar 'n eetarea, en die sitkamer het 'n TV met DStv-koppelpunt, maar bring asb jou eie dekodeerder en slimkaart saam. Gratis WiFi word voorsien.

Die eenheid het ook 'n binnebraai-area. Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig asook gaste parkering vir jou kuiergaste. Die gebou het 'n hysbak en die kompleks het 24 uur-sekuriteit. Daar is 'n wag 24 uur per dag aan diens en uurlikse patrollies word gestap om te verseker dat jy en jou voertuig veilig is. Daar is n privaat toegangshek tot die strand wat slegs deur LA Palma gaste gebruik mag word.

La Palma Villas 35 is net 'n entjie se stap vanaf verskeie restaurante, 500 m vanaf die Diaz-waterpark en 2 km vanaf die Langeberg Mall. Ander besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit 4x4- en bergfietsroetes, die Bartholomias Dias Seevaartmuseum, diepseevisvang, Kaap St Blaise-vuurtoring en die Garden Route Casino in.

Slaapplek

’n Bespreking by La Palma Villas 35 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 31 resensies vir La Palma Villas 35
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Eenheid 35, La Palma Villas, Beach Boulevard-Oos 41, Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Palma Villas 35 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 35, La Palma Villas, Beach Boulevard-Oos 41, Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6RzRiPzWPdDMDumA7Uac8GA8GpuAnWSFSTpkYZaD7236pQ9Weu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 4) 31 5 1 5 Unit 35, La Palma Villas 41 Beach Boulevard East 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-21:00 10:00 -34.157303766386 22.109526693821
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za