La Plume Boutique Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Plume Boutique Guest House is 'n op 'n volstruis- , lusern- en beesplaas met ongelooflike uitsigte oor die Swartberge en Olifantsriviervallei. Gaste word word hartlik verwelkom by hierdie pragtige ou Victoriaanse opstal wat uit 1902 dateer. Die eienaar, Karin, het daarin geslaag om ouwêreldse sjarme met moderne gerief te kombineer om sodoende gaste van voortreflike diens te verseker.

La Plume bied stylvolle, luukse verblyf in verskeie tipes akkommodasie: 'n kothuis, privaat plaas-villa, luukse kamers, luukse junior-suites, wittebroodsuites en superior suites. Elkeen van hierdie 20 eenhede is uniek ingerig en het 'n privaat ingang, sonnige stoep, antieke meubels, lugversorging, satelliet-TV, gratis WiFi, 'n kroegie en oorgenoeg geriewe.

Gaste kan 'n besige dag met 'n Engelse buffet-ontbyt afskop waar vars vrugte en verskeie brode, ontbytgrane, koue vleise, kase, asook warm ontbyte na gelang van spesiale versoeke, voorgesit word. Ons restaurant het 'n daaglikse spyskaart vir middagetes en ons bied ook piekniekmandjies vir gaste wat die Klein-Karoo se wonders wil verken. Vir aandete kan gaste plaaslike wyne op die proef stel en aansit by 'n tradisionele tuisgekookte gereg wat sorgvuldig deur ons sjef voorberei is. Dit word in die Victoriaanse opstal se ruim eetkamer by kerslig voorgesit. Laat ons asb. vooraf weet van enige spesiale dieetvoorkeure.

Die interieur en uitleg van La Plume Boutique Gastehuis is iets waaroor Karin uiters passievol is. Sy het haar aanvoeling vir ruimte, kleur en tekstuur toegepas in die restourasie van dié tuiste deur middel van strukturele aanpassings, meubelstukke, toebehore, beligting en kleurskemas. Haar aandag aan detail en verruklike antiekware rond die individueel versierde suites én gemeenskaplike areas af, en skep sodoende 'n atmosfeer wat vervloë dae se herinneringe herroep.

Kom sluit soggens aan by Karin se eggenoot, Bartel, aan vir 'n koppie koffie in die gazebo, waarna 'n insiggewende, vooraf gereëlde toer van die volstruis-, lusern- en beesplaas onderneem kan word. Kom leer 'n ding of twee oor die daaglikse beproewings van 'n voltydse volstruisboer by een van die voorste kenners op dié gebied.

La Plume se ervare span streef daarna om aan gaste 'n egte Klein-Karoo-ervaring te bied.

"Ons filosofie is eksklusiwiteit en voortreflike gerief, tesame met warm, persoonlike aandag in 'n omgewing wat die kuns van 'n deftige leefstyl vervolmaak. La Plume heet jou welkom."

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Plume Boutique Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 858 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za