La Vue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Vue is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met sy eie ingang wat op die eienaar se perseel in Santos, Mosselbaai geleë is, maar steeds heeltemal privaat is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie besienswaardighede langs die Tuinroete.

Die woonstel is smaakvol versier en het 'n oopplan-uitleg. Die slaaparea het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Langsaan die slaaparea is daar 'n kombuisie met 'n yskassie, 'n oondjie, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, ingeboude kaste en eetgerei en breekware. WiFi, DStv en 'n DVD-speler is ook beskikbaar in die eenheid.

Die woonstel het ook opvoudeure wat oopmaak op die dekarea. Dit het lieflike uitsigte op die berge, asook oor die strand, die see en die res van die omgewing. Parkeerplek vir een klein voertuig is beskikbaar op die perseel. La Vue is loopafstand van De Bakke- en Santos-strande en dit is net 'n kort motorrit van Bayview Hospitaal, die winkels, restaurante en verskeie binnemuurse en buitemuurse doendinge af.

Slaapplek

'n Bespreking by La Vue sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Vue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za