Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

L'Abri

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aurigastraat 278, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R980 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

L'Abri is 'n ruim en luukse selfsorg-eenheid in 'n tuin in 'n rustige en veilige beskutte gedeelte van Waterkloof, Pretoria. Dit is naby die Universiteit van Pretoria, die Voortrekkermonument, Vryheidspark, Brooklyn Mall, en hospitale soos Little Company of Mary, Zuid-Afrikaans en Jakaranda.

Die eenheid is deel van die hoofhuis, maar bied steeds privaatheid met eie toegang. Die eenheid is goed toegerus en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n bank wat in 'n dubbelbed verander kan word in die leef area. Dit is hoofsaaklik geskik vir kinders of jongmense. Daar is 'n hele paar trappe om af en op te klim (22), L'Abri is dus ongelukkig nie geskik vir persone in 'n rolstoel of diegene wat moeilik loop nie.

Die kombuis het basiese selfsorggeriewe en het 'n yskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, elektriese braaipan en induksieplaat. Die leefarea het 'n dubbel slaapbank wat meer geskik is vir kinders of jongmense. Gemaklike sitplek en 'n TV met DStv (alle kanale) is ook beskikbaar. Gaste het ook gratis WiFi in en om die eenheid. Joghurt, muesli, melk, koffie, tee en beskuit word voorsien met aankoms.

Daar is 2 honde op die werf, 2 worshonde. Hulle is luidrugtig wanneer hulle mense verwelkom, maar is nie gevaarlik nie.

Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.

Dié is ideaal vir sakereisigers, gesinbesoek of net 'n gemaklike oornagplek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Henry V
Gesin met tieners
5.0
Dit is huis! Dankie. Ons het baie lekker gebly. Baie goeie ligging en baie veilig. Baie dankie. Ons kom weer kuier.
Jun 2024
Philip K
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie oornag verblyf. Klein woonstelletjie wat alles bied wat 'n mens nodig sal hê.
Jun 2024
Tienie E
5.0
Baie dankie aan tannie Isolde en oom Quintis. Julle plek is so netjies en skoon. Super netjies. 100% toegerus. Stil en pragtige plek. Baie oulike eien...
Sien meer
Apr 2024
Susan V
Saam met vriende
5.0
Netjies. Was baie netjies en mooi.
Apr 2024
Riana D
Gesin met klein kinders
5.0
Huis weg van die huis af. Die woonstel het regtig alles wat nodig is en mens voel veilig. Die worshonde was 'n bonus gasheer met hulle blaf groetery ....
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Isolde Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Aurigastraat 278, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink L'Abri het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R980
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R980
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aurigastraat 278, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2Y2M3NTJiLTAzOTUtNDE5Ny1iNTY4LTk2ZTc1N2RhMWQzNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag, vir 4 mense 58 5 1 5 278 Auriga Street Waterkloof 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.781767442335 28.238316056101

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang