Laguna La Crete 168

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 168 is ’n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks in Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se strand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ander toebehore.

Die sitarea langsaan het ’n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Daar is ongelukkig nie 'n Explora-koppelpunt nie. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, 'n tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek vir voertuie.

Die kompleks is ook net 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Sentrum en restaurante, en lekker naby 'n hele rits ander geriewe in dié deel van die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 168 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 168 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R605 R545 per nag (plek vir 5)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false