Laguna La Crete 184

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 184 is in 'n gesinsvakansieoord teen die gewilde Uvongo-kus geleë. Dié kompleks bied direkte toegang tot die kus en het ook 2 swembaddens.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en uitsigte oor die branders. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n plafonwaaier. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en elektriese toebehore. Die gerieflike leefarea is modern gerangskik en het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler. Die leefarea lei deur skuifdeure na 'n veranda met stoepmeubels en 'n braaiplek.

Elke eenheid het 1 onderdak-parkeerplek en 1 besoekersparkeerplek agter 'n heining met 'n sekuriteitshek en 24 uur-hekwag. Daar is ook 24 uur-sekuriteit.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 184 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 184 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false