Laguna La Crete 30

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 30 is ’n selfsorgwoonstel in ’n sekuriteitskompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se strand en ander besienswaardighede in die area.

Die woonstel is op die tweede verdieping en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad. Die tweede en derde kamer het elk ’n dubbelbed en deel die tweede badkamer wat ’n bad en stort het.

Die oopplan-kombuis het ’n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ketel. Die sitarea langsaan het ’n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk nie hier nie. Die sitarea lei na ’n ruim balkon.

Die kompleks spog met ’n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, ’n klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek. Die kompleks is 6 km van die Hibiscus Mall af, Margate se hoofstrand, Shelly Centre, restaurante en ’n prentjiemooi rit van ander geriewe in dié deel van die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 30 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 30 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]