Laguna La Crete Unit D

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete Unit D is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Margate. Dit is ideaal vir gaste wat gerieflike verblyf naby die strand en verskeie besienswaardighede aan die Suidkus soek.

Dié woonstel op die grondvloer is smaakvol ingerig en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers het plafonwaaiers, 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, met 'n bad of stort, wasbak en toilet in die badkamers. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien en oorgenoeg ingeboude kaste.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Dus kan gaste hul eie slimkaart of dekodeerder saambring. Die sitkamer en hoofslaapkamer het skuifdeure wat lei na 'n onderdak-patio met braaigeriewe, vanwaar gaste die see-uitsig en omliggende gebied kan bewonder.

Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel. Laguna La Crete is stapafstand vanaf die strand en 'n entjie se ry vanaf verskeie winkels, restaurante en ander geriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete Unit D sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete Unit D gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R775 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za