Lake Pleasant Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lake Pleasant is 'n rustige vakansieoord halfpad tussen Wildernis en Knysna. Lake Pleasant is al sedert 1962 onder die bestuur van dieselfde familie en spog met die enigste kampeerplek langs die visvangmeer in die Suid-Kaap. Die oord het 'n vlugbalbaan, restaurant, kroeg, gerieflikheidswinkel, wegneemeetplek, tennisbaan, baarswinkel en 2 swembaddens. Bergfietse kan gehuur word en gaste kan veilig by die oord se meerstrand by Groenvlei swem.

Lake Pleasant bied ook roeibote en kanoes te huur, visvanggeleenthede, privaat ankergeriewe, 'n groot vermaaklikheidsarea en 'n selfdiens-wassery. Die see met 'n 14 km goue strand in die Goukamma Marienereservaat is net aan die ander kant van die heuwel en maklik bereikbaar met meeste voertuie.

Die chalets en lodges is elk volledig toegerus met 'n elektriese dubbeldeur-yskas, stoof, oond, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, glasware asook ander kookgeriewe word voorsien sowel as braaigeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lake Pleasant Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za