Lalapanzi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Nov 2019 tot 16 Des 2019.

Beskrywing

Lalapanzi Lodge lê tussen die voorheuwels van die Hottentots-Holland Natuurreservaat, net buite Kaapstad. Dié lodge is weggesteek tussen wingerd, woud en fynbos. Dit is gemáák vir gaste wat lekker wil ontspan en vir diegene wat die Kaap wil verken. Ons het selfsorg-lodges en B&B-kamers met en suite-badkamers.

Die hoof-lodge het 4 luukse B&B-kamers en 1 luukse suite, almal met en suite-badkamers en see-uitsigte in die verte. Dan het ons ook 2 selfsorg-lodges met 3 slaapkamers elk. Elke selfsorg-lodge is volledig toegerus en het 'n groot balkon met 'n panoramiese uitsig.

Daar is 'n groot swembad vir alle gaste tussen die hooflodge en die selfsorg-eenhede. Daar is ook 'n terapiekamer waar 'n masseuse behandelings bied.

Aandete word elke aand hier bedien. Die spyskaart is vasgestel en aandete is nie beskikbaar op Sondae nie. Bespreek asseblief vooraf om teleurstelling te voorkom. Aandete word bedien by die kaggel gedurende die winter of op die balkon in die somer. Die eetkamer het plek vir 20 persone en is eksklusief vir die gebruik van Lalapanzi-gaste.

Lalapanzi is 'n 17 hektaar-plaas met 'n klein olyfboord, 3 hektaar waarop fynbos gerehabiliteer word en daar is ook wingerde en 'n akkerwoud. Die plaas is deel van 'n landgoed wat net 15 minute se ry is vanaf die strand, 30 minute vanaf Stellenbosch, en 45 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lalapanzi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 190 R1 752 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Nov 2019 tot 16 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za