LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Langbaai Beach Cottage | LekkeSlaap
+19

Langbaai Beach Cottage

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 9de Straat 59, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Langbaai Beach Cottage bied verblyf in die hartjie van Voëlklip, 'n stil voorstad in Hermanus, 'n bekende vakansiedorpie aan die suidkus van die Wes-Kaap.

Die huis is op 'n groot erf tussen twee dennebome wat honderde jare oud is. Die eenheid is net 260 m vanaf Langbaai se strand, 700 m vanaf Kommabaai-strand en 850 m vanaf Voëlklipstrand.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en 'n -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Albei slaapkamers bied uitsigte oor die tuin en die bome.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n espresso-masjien en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitarea het 'n sitkamerstel met 'n platskerm-TV teen die muur. Die leefarea het 'n lieflike kaggel vir die koue wintermaande.

Die leefarea lei na 'n stoep met stoepmeubels en 'n ingeboude braai met hout- en gasgeriewe. Die stoep bied 'n uitsig oor die omheinde tuin en op die pragtige berg.

Voëlklip is op 'n pragtige bergreeks geleë wat met Kaapse Fynbos bedek is. Dit is in 'n natuurreservaat met verskeie fiets- en voetslaanroetes, riviere en watervalle. Hermanus word omring deur berge wat met Kaapse Fynbos bedek is.

Slaapplek

’n Bespreking by Langbaai Beach Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Langbaai Beach Cottage
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 9de Straat 59, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Langbaai Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 200
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 9de Straat 59, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWKt02JnxFEhR7LtJVKgN3yHktLdB34l0ujZZyC66KIuTrkHzJ1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (vir 4 persone) 3 5 1 5 59 9th street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 11:00 -34.407049587044 19.275926931692
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!