Languedoc Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Languedoc Farm bied rustige, veilige en gerieflike verblyf met 'n huislike atmosfeer op 'n lieflike plaas in die Blaauwklippenvallei, net 10 minute van Stellenbosch se middedorp af. Die vallei lê tussen die majestueuse Stellenboschberge en Heidelberge en daar is talle uitstekende wynplase en restaurante naby aan ons.

Ons verblyf word aangebied in 2 eksklusiewe, privaat en ruim gaste-suites wat elk slaapplek bied vir 2 mense. Die suites is 30 m uitmekaar geleë om jou privaatheid te verseker. Elke suite is gerieflik ingerig en beskik oor sy eie en suite-badkamer.

Die pragtige tuin met manjifieke, ou bome het paadjies wat lei na die eenddammetjie en die Blaauwklippenrivier. Daar is skaduryke plekkies waar jy in die tuin kan ontspan en die voëllewe kan aanskou.

Daar is geen waterbeperkings nie, ons gebruik gefiltreerde boorgatwater het.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Languedoc Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za