Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La-za-rus Akkommodasie

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 10

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir La-za-rus Akkommodasie
Netheid
3.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.2/5
Janine V - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Janine V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die woonstel was gerieflik, uitsig asemrowend en see was sommer baie naby.

Die akkommodasie is ideaal vir mense wat graag 'n plaasatmosfeer wil hê. Die uitsig was pragtig. Die fotos van die woonstel was getrou aan die prentjie wat ons daar ontvang het. Die eienaars was vriendelik en behulpsaam. Die akkommodasie was baie naby aan verskeie klein strande wat ons almal besoek het en baie geniet het. Ons verblyf was baie aangenaam.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Stan D - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Stan D

Meer verwag vir die prysklas in vergelyking met ander bestemmings.

Netheid in die kombuisarea was problematies. Yskas, mikrogolf oond, eetgerei, wasbakarea was vuil en bemors. Mikrogolfoond se posisie maak die res van die werkarea ontoeganklik. Geen WiFi nie, maar selfs normale sein vanaf Vodacom en MTN is baie swak die oomblik dat jy van die R102 afdraai. Die Jonkersberg-grondpad is nie geskraap nie en skud die voertuie erg. Die dek is baie mooi maar jy het geen uitsig van die area - kyk teen die dak vas van die ander geboue. Die wasmasjien is 'n absolute wenner - well done! Die ligte in die badkamer het gevaal en moes met flits stort. Waterprobleme ondervind met geyser wat gebars het, was onvoorsien maar het ons sonder water gelaat. My ander bestemmings was van 'n beter gehalte vir beter prys.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

La-za-rus Akkommodasie se terugvoer

Die opmerking oor netheid was vir ons ‘n groot verrassing, aangesien ons altyd self die hele eenheid skoonmaak.
Die mikrogolf is op ‘n 1.3 m lange rak, bo die vloer kombuiskas eenheid van 3.5 m.
Soos die meeste kombuise is die mikrogolf 450 mm bo die vloer kombuiskas eenheid. Daar is ook 'n losstaande werk tafel van 1.2 m x 0.75 m.
Ons adverteer nie die eenheid met WiFi geriewe nie. Ons het selfoon opvangs op die plaas, maar is bewus dat dit gewoonlik die tyd van die jaar onder druk is.
Ons erken dat die 900m Provinsiale gruispad irriterend is. Alhoewel dit gereeld geskraap word, is die pad sink platerig by tye as gevolg van vragmotors wat hout daarlangs vervoer.
Die doel van die dek is om die leefarea van 42 m2 met nog 35 m2 te vergroot, privaatheid te skep en 'n mooi uitsig na die Ooste en Suidekante te bied.
As gevolg van beurtkrag het die 24 volt "Transformers" geblaas en 2 "down lighters" uitgeskakel. Die bars van die geyser op Nuwejaarsdag was onvoorsien. Die watertoevoer is dieselfde dag herstel, maar die loodgieter kon eers die volgende werksdag die geyser vervang. Ons het aangebied dat die gaste die spaar badkamer op die grondvloer kon gebruik. Ons nooi altyd die gaste uit, om enige ongerief aan ons uit te wys sodat ons dit onmiddellik kan regstel.

La-za-rus Akkommodasie
Dirk V - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gebly.

Ons het nie geweet dat hulle eintlik nie handdoeke voorsien nie. Dit is êrens in die fynskrif weggesteek. Ons vriendelike gasvrou het toe handdoeke vir ons geleen. Ek voel tog dat ons duidelik hieroor ingelig moes wees. Die trappe was nie vir ons 'n probleem nie, maar dit is tog ook iets wat mense oor ingelig moet word. Vir ons was dit 'n ideale plek vir die bruilof wat ons bygewoon het. Die geriewe self is fantasties luuks en huislik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Stephan S - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was baie aangenaam met vriendelike ontvangs.

Ons het ons verblyf terdeë geniet met vriendelike ontvangs. Sal dit definitief aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Etienne C - Apr 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Etienne C
Gesin met tieners

Heerlik en baie vriendelik en gaaf.

Baie lekker. Ons was vasgevang voor poort voor George en het toe na 00:00 daar aan gekom en geen probleme met Suzet-hulle. Hulle was dierbaar. Die plek is aangenaam en die braai in die plek was heerlik met die vuur wat ons kon gemaak het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 300
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R1 300
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grondpad Jonkersberg, R102, Lazarus Plaas, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArGB0epBDYsjhj1RCErR8RFsh9TNKqkhJWgpG2Nkzj0x8HgFYRg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 5 mense 5 5 1 5 Dirt Road Jonkersberg R102 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.021268 22.274192
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem