LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lazy Ways Cottage | LekkeSlaap
+17

Lazy Ways Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: High Level-weg 2925, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lazy Ways Cottage is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel teen die berg in Bettysbaai. Dié kothuis het slaapplek vir 4 gaste.

Dié ten volle gemeubileerde kothuis beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n oopplan-leefarea en -kombuisie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 1 enkelbed. Daar is nog 'n enkelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet. Linne, handdoeke en ekstra komberse word vir gaste voorsien.

Die kombuisie is toegerus met basiese toebehore soos 'n yskassie, mikrogolfoond, drieplaatstofie en oondjie. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale teen die muur en gratis WiFi word voorsien. Gaste het toegang tot 'n braaikamer met 'n lieflike uitsig. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie, maar let asb. daarop dat die oprit steil is.

Lazy Ways Cottage is naby die see, 10 tot 15 minute se ry van 'n strandjie, 'n winkel en koffiewinkels af. Die eenheid is ook 20 minute se stap van die Harold Porter Nasionale Botaniese Tuin af.

Slaapplek

’n Bespreking by Lazy Ways Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 20 resensies vir Lazy Ways Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • High Level-weg 2925, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lazy Ways Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: High Level-weg 2925, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAyVvJiUvLN7tshmk73CCxKbQ5sURzZwqNqwAe1qUEX5pLHPa5df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 4) 20 5 1 5 2925 High Level Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -34.355150859275 18.938064038029
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!