Le Thallo
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Athollweg 40, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R16 268 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Le Thallo is 'n mooi vakansievilla aan die voet van Leeukop naby Kampsbaai se strand. Dié luukse Kaapse woonbuurt se strande spog met palmboomlane, oulike koffiewinkels, restaurante en nagklubs.
Dié villa het lugversorging, bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 3 verdiepings. Daar is 4 en suite-slaapkamers op die boonste verdieping en 1 en suite-slaapkamer op die onderste verdieping. Die leefarea en studeerkamer is op die middelste verdieping.
Elke kamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die hoofslaapkamer lei na 'n balkon met 'n see-uitsig en spog ook met 'n sitarea, TV en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort en 'n bad. Daar is 3 slaapkamers wat almal 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die een kamer op die boonste verdieping het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die slaapkamer op die onderste verdieping het 'n etenstafel vir 4 en 'n sitkamer wat na 'n stoep met 2 sonstoele en 'n etenstafel, asook 'n tuin lei.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, en 'n toonbank met stoele toegerus. Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër, en 'n skottelgoedwasser. Die studeerkamer is langs die kombuis en het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die leefarea het 'n TV, gemaklike banke en 'n etenstafel vir 10. Die leefarea lei na 'n stoep met buitetafels, 2 banke in die skaduwee, en 'n groot ingeboude braai-area met 'n pizza-oond en 'n gasstoof.
Die villa spog ook met 'n swembad wat op versoek verhit kan word en 6 sonstoele. Parkeerplek vir 3 motors is in die motorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Esta-Marita Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 5
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Athollweg 40, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kampsbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Athollweg 40, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18