Lekker Lê

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lekker Lê is 'n drieslaapkamerhuis in Vleesbaai met slaapplek vir 6 gaste.

Twee van die kamers het 'n see uitsig vanuit die bed. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort-oor-bad. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad en stort-oor-bad. Daar is 'n wasmasjien in die tweede badkamer. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Swemhanddoeke moet asb self verskaf word - dit sal waardeer word indien badhanddoeke nie op die strand gebruik word nie.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolf, stoof en oond. Gaste moet asb hul eie skoonmaakmiddels saambring. Die vloei van die oopplan leef ruimte maak dat jy maklik kan kuier by die etenstafel, sitkamer of stoep - of almal gelyk tydig! Die TV het slegs OpenView-kanale en ongelukkig geen DStv.

Lekker Lê se groot aantrekking is die groot onderdakstoep so lank soos die huis met 'n pragtige uitsig en ingeboude braai. Daar is genoeg ruimte vir heeldag sit op die stoep en die slaap-bank is perfek vir middag slapies.

Vleesbaai se lang, skoon strande is perfek is vir swem, visvang, stap en draf. Die dorpie is omhein en het 'n sekuriteitshek met toegangsbeheer. Daar is 'n klein kruidenierswinkel, vulstasie en kerksaal. Voertuig-toegang tot die strande word beperk - slegs voetgangers word toegelaat om af te beweeg na die strande. Tussen Junie tot Oktober is dit walvisseisoen en soms is daar ook dolfyne in die baai te sien. Klein wilde diertjies kan op stil dae tussen die huise opgemerk word.

Slaapplek

'n Bespreking by Lekker Lê sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lekker Lê gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R910 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]