- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 11 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 2 Willow Road, Heather Park, George, 2630, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Lekkerdoeks bied 4 verblyfopsies op die eienaars se eiendom in George. Geleë aan die voet van die Outeniqua-berge, bied George 'n goeie basis vanwaar jy die Tuinroete kan verken.
1. Lekkerdoeks is 'n eenheid met 1 slaapkamer, geskik vir 2 gaste, en is gemeubileer met 'n koningingrootte bed. Lekkerdoeks beskik oor sy eie selfsorg kombuisie met 'n eetplekkie vir 2 gaste. Daar is 'n yskas, mikrogolfoond en ketel beskikbaar, sowel as baie kaster vir kruideniersware. Die moderne badkamer beskik oor 'n hoek bad en oor-bad stort, toilet en hoek wasbak. Baie kaste vir gaste se toiletware. Elke eenheid het sy eie privaat ingang en veilige parkeerplek.
2. Air@Willow is 'n aparte woonstel met 'n privaat ingang met veilige parkeerplek vir 2 voertuie. Die woonstel beskik oor 'n groot sitkamer met 2 banke wat as beddens vir kinders kan dien. Die ruim hoof slaapkamer het 'n koningingrootte bed met 'n skuifdeur op 'n stoepie. Daar is baie kaste vir gaste se gebruik. Die ekstra slaapkamertjie het 'n enkelbed vir 'n ekstra gas met sy eie wasbak-geriewe. Die badkamer beskik oor 'n bad, oor-bad stort, toilet en wasbak. Die ruim kombuis beskik oor 'n groot ys-vrieskas vir lang kuiers. Die kombuis beskik oor 'n stoof, oondjie, induksie plate, broodroosters, mikrogolfoond, wasbak en al die benodigdhede moontlik. In die kombuis is 'n lekker ingerigte eetspasie vir 4 gaste. Vanaf die voorstoep is daar 'n deurloop na 'n pragtige ingerigte privaat braai eenheid of kuierplekkie met 'n klein tuintjie.
3. Love@Home is gemeubileer met twee enkelbeddens wat in 'n koninggrootte bed omskep kan word, en die en-suite badkamer, toegerus met 'n bad, stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die eenheid beskik oor 'n kombuisie toegerus met 'n mikrogolfoond, yskassie, en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n slim-TV in die kamer wat Netflix en Disney+ ien You-Tube insluit, sowel as gratis WiFi. Hierdie eenheid het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n Lapa vir braai en ook 'n gasstofie beskikbaar vir die maak van bykosse.
4. Willow Creek-eenheid bied slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid het 'n privaat ingang en sluit 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en basiese braaigeriewe in. Bykomende geriewe in die kamer sluit 'n slim-TV met stromingsdienste soos Netflix, sowel as gratis WiFi in. Willow Creek beskik oor sy eie privaat braai area.
Doendinge in die omgewing sluit in die pragtige Outeniqua-berge, staproetes, bergfietsry en visvang. Die wêreldbekende Fancourt Gholfbaan is 2 km hiervandaan.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jeanine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 77
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 2 Willow Road, Heather Park, George, 2630, Wes-Kaap
- Gaste dink Lekkerdoeks het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
2 Willow Road, Heather Park, George, 2630, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 11 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang