Lekkerus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lekkerus is 'n bekoorlike selfsorghuis in Prins Albert. Dié dorpie skuil onder die Swartberg in die Karoo en bied 'n verskeidenheid doendinge - van wyn-, olyf- en kaasproe tot sterrekyk en die verkenning van historiese besienswaardighede.

Die oulike huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Albei slaapkamers het en suite-badkamers met storte.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Die huis het ook 'n TV met DStv, lugversorging, 'n buitebraai-area, privaat binnehof en 'n toesluitmotorhuis. 'n Watertenk en sonkrag is ook beskikbaar.

Prins Albert bied 'n verskeidenheid nasionale monumente, begeleide historiese wandelings, natuurreservate, 'n plaasmark elke Saterdag en verskeie vrugte- en wynplase.

Slaapplek

'n Bespreking by Lekkerus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lekkerus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 080 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za