Little Lamb

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Lamb is in die hartjie van die Karoo in Beaufort-Wes geleë. Daar is 3 selfsorg-kothuise en elk het slaapplek vir 4 gaste.

Kothuis 1 het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapkamers deel 'n badkamer. Die kamer het 'n ketel, broodrooster, yskassie, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is DStv en lugversorging.

Kothuis 2 het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n volledige kombuis met 'n standaardgrootte-yskas en vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n drieplaat-stoof en oond, asook breekware en eetgerei. Die sit- en eetarea het 'n TV met DStv. Alle kamers het lugversorging.

Kothuis 3 het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n kombuisie. Daar is 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is DStv en lugversorging. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, tweeplaat-stoof, konveksie-oond, 'n mikrogolf, ketel, breekware en eetgerei.

Little Lamb het gemeenskaplike braaigeriewe wat op versoek beskikbaar is, sowel as 'n kluis en veilige parkeerplek. Ekstra beddegoed kan op versoek gereël word vir addisionele gaste. Braaipakkies en houd moet vooraf aangevra word. 'n Koepon vir kos moet ook vooraf gereël word.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Lamb gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false