Little Rock Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Rock Resort is in Ladybrand geleë aan die voet van die Platbergreeks. Die oord bied gaste die ideale vakansieverblyf en -geriewe.

Die verblyf beskik oor verskeie selfsorg-chalets met slaapplek vir 2 tot 6 gaste, waarvan elkeen tussen die bome en rotse geleë is. Al die chalets is ten volle toegerus en het hul eie braaigeriewe.

Geriewe vir gaste sluit 'n groot swembad met duikplanke, 'n swembad vir kinders, 'n speelparkie, staproetes en voëlkyk in. Daar is 'n restaurant op die perseel wat middagete en aandete bedien. Die restaurant is 12:00 tot 21:00 oop, maar Sondae en Maandae toe.

Ladybrand is op die Maluti Roete geleë en is net 20 minute vanaf Lesotho. Kom skop jou skoene uit, ontspan en geniet die rustige omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Rock Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za