Losgeboer
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 78, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 975 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Losgeboer bied selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Agulhas en beskik oor 'n hoofhuis en 'n woonstel. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n vakansie by die see in die Overberg aangesien dit net 'n entjie van die strand af is.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is nog 2 slaapkamers met dubbelbeddens en nog 2 met 'n stapelbed elk. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 2 induksieplate, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die woonstel se kombuis is met dieselfde toebehore toegerus, behalwe dat dit 'n gasstoof het. Die hoofleefarea het 'n etenstafel en dit lei na 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar.
Die hoofhuis en die woonstel het albei binnebraaigeriewe. Die hoofhuis het stapeldeure wat na 'n sonnige stoep met sitplek lei. Buitebraaigeriewe is ook beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Losgeboer sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 66
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- Hoofstraat 78, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 78, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom