Luxury Loft
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Somerset-weg 158146, De Waterkant, 8001, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Luxury Loft is 'n mooi selfsorg-eenheid in die Victoria Junction-kompleks in die lekker lewendige De Waterkant-buurt, Kaapstad en is stapafstand vanaf die V&A Waterfront. Dit is die ideale plek vir toeriste wat in die pragtige Moederstad kuier.
Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n koninggrootte-bed onder lugversorging in die ruim solderruimte. Daar is ook 'n lessenaar met 'n uitsig oor die waterfront vir gaste wat werk moet afhandel. Die eenheid het 'n instapstort, wasbak en 'n toilet in die en suite-badkamer.
Die oopplan-leefarea is op die onderste verdieping en het 'n kroegie en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien en die etenstafel het sitplek vir 4 gaste. Die kombuis lei na die sitarea wat gemaklike sitplek en 'n slim-TV het. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n ekstra badkamer op hierdie verdieping wat 'n stort het.
Gaste het toegang tot die kompleks se swembad. Die kompleks is ook naby die Silo-distrik, die Zeitz Kontemporêre Afrikakuns-museum, Groenpuntpark, die Seepunt-promenade die CTICC, Bo-Kaap, die bekende Bree-, Lang-, en Loopstraat en Kaapstad se middestad.
Slaapplek
’n Bespreking by Luxury Loft sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Damion Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 16
Jaar gelys 5
Ligging
- Somerset-weg 158146, De Waterkant, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in De Waterkant Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Somerset-weg 158146, De Waterkant, 8001, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom