Ma Tala Tala Wildlife Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ma Tala Tala bied 'n Afrika-toevlugsoord na aan Tshwane in Cullinan wat naby genoeg is sodat gaste vir die naweek kan wegbreek, maar steeds ver genoeg van die stad se gedruis af is. Die privaat wildreservaat is 'n versteekte juweel naby Dinokeng en die Roodeplaatdam en is perfek vir 'n privaat funksie, droomtroue en konferensies. Gaste kan ook net die asemrowende wild bewonder of net ontspan en die atmosfeer en vrede wat Ma Tala Tala bied, geniet.

Daar is 'n verskeidenheid opsette om van te kies. Daar is 12 chalets, gesinseenhede en die "executive"-suite in die hoofgebou. Elke chalet het slaapplek vir 2 mense, net soos die "executive"-suite. Ma Tala Tala bied gesinsvriendelike akkommodasie in 'n tweeslaapkamer-eenheid vir 'n gesin van tot 8 mense. Dit spog ook met die mooiste uitsig oor Dinokeng.

Ma Tala Tala spog met ouwêreldse elegansie wat deesdae skaars is. Daar is 'n hoofgebou, 'n kapel en die individuele en suite-kamers het grasdakke en die al fresco-fasiliteit komplimenteer die platteland. Die opelug-boma is geskik vir meer as 100 gaste en is ideaal vir 'n braai- of potjiekos-geleentheid. Dit word gereeld gebruik deur groepe wat privaat funksies bywoon.

Dinokeng is 'n gewilde toeristebestemming met 'n traditionele kultuur, geskiedenis en dierelewe. Dis is net 'n kort afstand vanaf die middestad van Pretoria en ook Johannesburg.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ma Tala Tala Wildlife Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za