Maison de la Mer
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Slaapplekstraat 64, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Maison de la Mer bied 'n uitsig oor die see en gerieflike selfsorgverblyf vir 4 gaste in 'n woonstel in Heroldsbaai.
Hierdie woonstel op die grondverdieping beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die kamers deel die badkamer wat 'n stort, bad en 'n toilet het. Beddegoed word voorsien, bring eie handdoeke.
Die kombuis is met 'n induksiestoofplaat, 'n elektriese braaipan, 'n mikrogolf, yskas, en tee- en koffie maak geriewe toegerus en maaltye kan by die etenstafel geniet word.
Gaste kan in die sitarea voor die TV met Openview en 'n uitsig oor die see ontspan. Daar is ook WiFi. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saam te bring vir DStv-kanale. Daar is geen krag tydens beurtkrag nie en die TV, WiFi en ligte sal ook nie werk nie.
Daar is braaigeriewe en parkeerplek vir 1 voertuig.
Maison de la Mer is net 900 m van die strand, 1 km van die Oubaai Gholflandgoed, sowat 15 km van George af, asook 8 km van George Lughawe.
Heroldsbaai bied verskeie doendinge soos swem, hengel, branderplankry, voëlkyk, gholf by Oubaai Gholfklub en in seisoentyd kan gaste kyk hoe walvisse en dolfyne in die baai baljaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Noel & Annette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Slaapplekstraat 64, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink Maison de la Mer het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Heroldsbaai George Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Slaapplekstraat 64, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap