Majonica

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Majonica is 'n luukse selfsorgwoonstel langs die eienaar se eiendom in Glenmore, Durban. Dié woonstel is ideaal geleë naby die Universiteit van KwaZulu-Natal en is 10 km vanaf Durban Internasionale Konferensiesentrum, uShaka Marine World en Durban se hawe.

Dié woonstel het lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof toegerus en lei na 'n binnehof. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek en die sitarea het 'n TV met DStv-kanale en 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n balkon en die woonstel het gratis WiFi.

Daar is 'n motorhuis wat kan sluit en plek vir 1 voertuig het, asook 2 ekstra veilige parkeerplekke. Die eenheid het 'n alarm met gewapende reaksie. Majonica is 10 km vanaf die Suncoast Casino, South Beach and 43 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Majonica sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Majonica gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za