Makarios
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Septemberboslaan 7, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Makarios is in die skilderagtige kusdorpie, Dwarswegstrand in Groot Brakrivier geleë. Hierdie pragtige seefront-huis bied ongeëwenaarde uitsigte oor die Indiese Oseaan. Dié luukse eiendom is die perfekte wegbreek vir gaste wat op soek is na 'n rustige en salige vakansie-ervaring. Gaste kan verwag om walvisse en dolfyne vanaf die dek te gewaar.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed en 2 van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer. Die eerste en suite-badkamer het 'n stort en bad terwyl die tweede en suite-badkamer net 'n stort het. Die derde badkamer het 'n bad en stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, lugbraaier, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n binnebraai en 'n ongelooflike uitisig oor die see. Die ontspanningsarea het 'n tafeltennistafel, veerpyle en 'n pooltafel.
Daar is ook 'n omsetter wat krag tydens beurtkrag voorsien, met onbeperkte WiFi en 'n slim-TV.
Gaste kan ook die buitebraai-area geniet wat perfek is vir luilekker somersaande. Makarios bied direkte toegang tot die strand waar gaste kan swem, branderplankry of in die son baai.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Christelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Septemberboslaan 7, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Makarios het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bothastrand Groot-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Septemberboslaan 7, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap