Maninghi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maninghi Lodge is aan die oewer van die Olifantsrivier in die noordelike deel van die Balule Natuurreservaat geleë wat toegang het tot die Krugerwildtuin. Die reservaat waarin dié selfsorg-lodge is, spog met die Groot 5 en is 'n voëlkykparadys.

Kom beleef 'n unieke Afrika-safari, gaan op 'n wildrit, leer meer oor die wildernis op 'n begeleide wandeling in die bos, luister na die geluide van die Afrika-bos terwyl jy onder die sterrehemel sit en eet, of ontspan eenvoudig langs die swembad by die lodge.

Maninghi is 'n selfsorg-dubbelverdieping-lodge wat ideaal is vir die perfekte wegbreek vir vriende en familie wat wil ontspan in die bos. Die lodge het 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en pragtige uitsigte oor die rivier, en 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die solderarea het 2 oopplan-slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens en die ander met 2 enkelbeddens.

Daar is ook 'n kombuis wat vovlledig toegerus is en groot oopplan-sitarea. Gaste kan braai onder 'n oop grasdak-lapa of in 'n boma terwyl hulle dophou hoe die diere by die Olifantsrivier kom drink. Die eerste verdieping het 'n uitkykdek wat ideaal is vir skemerkelkies drink of voëlkyk.

Daar is verskeie besienswaardighede in die omgewing. Bring die dag deur by die Krugerwildtuin, Blyderivierspoort, Moholoholo Rehabilitasie, Khamai Reptielpark of op 'n Olifantsrivier-safari of warmlugballonvaart.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Swembad

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maninghi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za