Manor Guest House Lydenburg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By die Manor Gastehuis, sal die bestuur en personeel jou verblyf onvergeetlik maak. Pragtige omgewing en professionele sorg verseker dat die Manor Gasthuis die primêre keuse vir oornag, sake- of vakansie-akkommodasie is. Ons bied uitstaande B&B-geriewe. Aandete is op versoek beskikbaar en ons is bekend vir uitstekende plattelandse kos.

Dié gastehuis het 'n warm, ontspanne atmosfeer met 'n gevoel vir geskiedenis, en ons intieme kroeg en sitkamer met oop kaggel sal jou gunsteling-ontspanplek wees op koue winternagte. Die Manor Gastehuis sorg vir spesiale geleenthede en het ook konferensiefasiliteite vir klein groepe.

Lyndenburg is op die platorand aan die begin van die Panoramaroete geleë en het baie om te bied, soos forelvang, voëlkyk, natuurreservate, stap, gholf, rolbal en muurbal. Vir 'n meer ontspanne uitstappie is daar 'n aantal goeie restaurante, museums en historiese monumente. Die area is malaria-vry.

Lydenburg is sentraal geleë en onderweg na die outydse visvangdorpie Dullstroom, die asemrowende Long Tom-pss, die pragtige watervalle en bosbou-dorp Sabie, die historiese goudmyn-dorp Pelgrimsrus, die pragtige uitsig van God's Window oor die Laeveld, en is slegs 'n halfuur se ry na die wêreldbekende Groot Vyf by die Krugerwildtuin.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Manor Guest House Lydenburg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za