Maryah House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maryah House is in 'n doodloopstraat in Garsfontein geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir sakereisigers, besoekers en oornaggaste. Dit is naby Atterbury Value Mart en Hoërskool Garsfontein.

Die eenheid is op 'n woonerf geleë en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas en 'n mikrogolfoond waar gaste maaltye kan warm maak, sowel as koffie- en teemaakgeriewe.

Die sitkamer bied toegang tot 'n privaat stoep en tuin. Daar is gratis WiFi.

Gaste kan gerus van die braaigeriewe gebruik maak om maaltye voor te berei.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel agter 'n gemotoriseerde hek.

Pretoria-Oos Hospitaal, Wilger Hospitaal en Feary Glen Kliniek is ook naby die eenheid.

Slaapplek

'n Bespreking by Maryah House sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maryah House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za