Maybrook Guestique

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maybrook Guestique bied 'n gerieflike, plattelandse wegbreek in Greyton. Dié Overbergse dorpie skuil aan die voet van die Riversonderendberg Natuurreservaat en bied selfsorgverblyf. Dis sowat 'n uur en 'n half se ry vanaf Kaapstad via die N2 en die skileragtige R406.

Dié huis beskik oor 2 en suite-kamers met koningingrootte-beddens, 'n oop area met 'n stapelbed en 'n solder met 'n koningingrootte- en enkelbed. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, broodrooster, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die aparte eetkamer het sitplek vir 8 en die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi.

Daar is ook 'n aparte binnebraai-area langs die kombuis met 'n etenstafel en dit lei na die stoep waar daar ook 'n braai is. Die privaat tuin bied sitplek onder die bome en op die stoep met toegang tot die swembad. Daar is parkeerplek vir 4 voertuie op die oprit en ook ander parkeerplek op die perseel.

Greyton is bekend vir die idilliese omgewing en Maybrook Guestique bied maklike toegang tot dié historiese dorpie. Besoek die Saterdagoggend-markie, verskeie restaurante, geskenkwinkeltjies en ander winkels op die dorp.

Slaapplek

'n Bespreking by Maybrook Guestique sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Area 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maybrook Guestique gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 740 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false