Meerkatgat 3341 Seekoei Road
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Feb 2021 tot 30 Nov 2021.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeiweg 3341, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R2 800R1 960 per nag (vir 4 persone)
Beskrywing
Meerkatgat is 'n selfsorghuis in Seekoeiweg in Marlothpark se ongerepte bosveld net 17 km vanaf die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin. Die huis het slaapplek vir 4 gaste en skuil net 'n paar treë van die Krokodilrivier af.
Die huis het 'n goeie uitleg en spog met gehalte-meubels. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelhemelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die huis is spesiaal ontwerp en gebou om koel en gerieflik in die somer te wees. Elke kamer het lugversorging, maar gaste kan gerus die vensters oopmaak vir 'n vars briesie. Elke venster het diefwering en insekskerms. Die agterdeur het ook 'n veiligheidshek, sodat gaste op die voorste patio kan ontspan sonder enige bekommernis.
Die ruim kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, gas- en elektriese stoof, eetgerei en breekware. Die eetarea het 'n groot houtetenstafel met bankies en die sitarea het gemaklike leerbanke. Die leefarea het skuifdeure wat na 'n onderdakstoep met stoepmeubels lei. Daar is ook 'n lieflike groot braai-area, vuurmaakplek, plonspoel en parkeerplek vir 2 voertuie buite.
Geniet 'n rustige braai met nagapies wat kom besoek aflê en luister na die seekoeie wat in die rivier baljaar. Elke nou en dan sal gaste hoor hoe 'n leeu in die wildtuin brul en 'n njala en bosbok kom kuier ook elke oggend.
Wildritte en visvanguitstappies kan teen ekstra koste gereël word. Daar is 'n paar restaurante in Marlothpark. Gaste kan ook na die Krokodilrivieroewer stap en verskeie diere gewaar wat vanaf die wildtuin na die rivier kom om water te drink.
Slaapplek
’n Bespreking by Meerkatgat 3341 Seekoei Road sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Seekoeiweg 3341, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
- Gaste dink Meerkatgat 3341 Seekoei Road het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeiweg 3341, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
- Geen kinders onder 12