Melkbos 34
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Melkbos-straat 34, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 430 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Melkbos 34 bied selfsorgverblyf in 'n ruim huis in die hartjie van L'Agulhas. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek of 'n groot groep vriende en is stapafstand vanaf die strand en getypoele.
Dié huis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het sy eie ingang en 'n badkamer met 'n stort. Daar is nog 'n badkamer met 'n stort. Die derde badkamer het 'n bad.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.
Daar is 'n ruim tuin en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die ligging van hierdie verblyf is stapafstand vanaf winkels en restaurante.
Slaapplek
’n Bespreking by Melkbos 34 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 66
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Melkbos-straat 34, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Melkbos-straat 34, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom