Merlot La Mer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Merlot La Mer is in die Stilbaai-gholflandgoed geleë en bied gehalteverblyf naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dit beskik oor 2 eenhede en kan afsonderlik of as 'n geheel bespreek word.

Die dubbelkamer het slaapplek vir 2 gaste en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die kamer het 'n gedeeltelike see-uitsig.

Die ruim gesinskamer het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het 'n privaat ingang en 2 balkonne met 'n see-uitsig.

Die 2 eenhede deel die gebruik van 'n gemeenskaplike kombuisie met tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Daar is ook 'n TV met DStv en gratis WiFi beskikbaar.

Die eenhede is ideaal geleë vir gholf-entoesiaste en verskeie voetslaanroetes in die ou Melkhoutwoud, insluitend die historiese visfuike van die Khoisan.

Die strand en strandmeer is 3 minute se ry ver en alle geriewe is binne 'n 2 km-radius vanaf die huis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Merlot La Mer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false