Wildernis Akkommodasie by Mes Amis Guest House | LekkeSlaap
+28

Mes Amis Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buxton Slot, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 190 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mes Amis Guest House is geleë in Wilderness op die Tuinroete. Die gastehuis bied elegante 4 ster-akkommodasie in 9 kamers met en suite-badkamers, privaat ingange en ongeëwenaarde see-uitsigte. Gaste wat hier tuisgaan het privaat toegang tot Wilderness se groot, ongerepte strand.

Vinnige en gratis WiFi is beskikbaar.

Skuifdeure lei na privaat stoepe met see-uitsigte. Elke stoep is gemeubeleer met 'n tafel en stoele en elke kamer is toegerus met 'n kluis, strandstoele, strandsambreel, strandhanddoeke, japonne, koffie- en teemaakgeriewe en 'n TV met DStv-kanale. Elke kamer het ook 'n kroegie en die drankies is billik geprys. Gaste het eksklusiewe toegang tot 'n gastesitkamer, toegerus met boeke en bordspeletjies. Daar is ook 'n eerlikheidsvrieskas met bevrore etes wat deur Mes Amis se personeel voorberei is. Die mikrogolf, breekware en eetgerei in die ontbytkamer is ook tot die gaste se beskikking. 'n A la carte-ontbyt word elke oggend in hierdie kamer met sy uitsig oor die strand bedien. Daar is 'n swembad in 'n sonnige hoekie van die huis.

Wilderness Nasionale Park, Knysna, Mosselbaai en George is minder as 'n uur se ry van Mes Amis Guest House af en Plettenbergbaai en Oudtshoorn is net 'n uur se ry van die gastehuis af. Mes Amis Guest House is ideaal vir besoekers wat die Tuinroete wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Mes Amis Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Buxton Slot, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mes Amis Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 190
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 190
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buxton Slot, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNhNmIzMzczLWYyMmMtNGY3YS1iYWJkLWUwZDY2MWNlN2EwMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 190  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 Buxton Close Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.997684396839 22.603181639543
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za