Modderfontein Plaas Kampeerterrein
- Kapasiteit: 90 persone
-
Inkloktyd: 06:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Modderfontein Plaas, Langs die R355/Kleinzee-pad, 10 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R240 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Modderfontein Plaas Kampeerterrein is in die hartjie van Namakwaland geleë, slegs 10 km van Springbok af op die Kleinzeepad. Die kampterrein is die ideale basis vir diegene wat die gewilde veldblomme wil besigtig. Dit is ook die perfekte oornagplek vir gaste wat reis na of vanaf die Richtersveld of Namibië.
Modderfontein het 15 ongemerkte staanplekke wat privaatheid bied, maar ook ideaal is vir groter groepe wat saam reis. Die kampeerplekke het nie elektrisiteit nie. Daar is 2 netjiese, geteëlde ablusieblokke en warm water word voorsien deur 'n donkie, sodat gaste verkwik kan voel na 'n lang dag op die pad. Die ablusie-geriewe is rolstoelvriendelik.
Saans is daar 'n lekker groot kampvuur om die kamp-ervaring af te rond. Braai jou vleis, maak potjiekos en ontspan rondom die vuur.
Verken die plaas op jou eie tyd, stap deur die veldblomme na die rivier of bring jou bergfiets saam en ry na die klipbanke. Gaste sal hulle ook verkyk aan die indrukwekkende kokerbome.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Ligging
- Modderfontein Plaas, Langs die R355/Kleinzee-pad, 10 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Gaste dink Modderfontein Plaas Kampeerterrein het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 90 persone
-
Inkloktyd: 06:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Modderfontein Plaas, Langs die R355/Kleinzee-pad, 10 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom