Moncrieff Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Moncrieff Manor is in Knysna Heights geleë en bied ’n ononderbroke uitsig oor die Knysna-strandmeer, dorp en op die Knysna-koppe. Dié lieflike uitsig word in die Knysna-strandmeer weerspieël wat jou uitnodigend lok om te kom ontspan.

Daar is 3 en suite-dubbelkamers of 2-enkelbedkamers vir B&B of 2 en suite-dubbelkamers met 'n selfsorg- of B&B-opsie. Die selfsorgkamers het tussendeure en is ideaal vir vriende of 'n gesin.

Elke B&B-kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, haardroër, mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook gratis WiFi. Vars produkte vir 'n Kontinentale of Engelse ontbyt word plaaslik aangekoop.

Wanneer jy die statige herehuis binnegaan, lei 'n lieflike swarthoutrap na die gemeenskaplike sitarea, eetkamer en pragtige geelhoutkroeg. Die groot patio is ideaal vir skemerkelkies terwyl jy die uitsig bewonder. Daar is ook sonstoele op die patio. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Moncrieff Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false