Marlothpark Akkommodasie by Mongoose Bush House | LekkeSlaap
+39

Mongoose Bush House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mongoose-straat 2481, Marlothpark , 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mongoose Bush House is 'n selfsorghuis in Marlothpark. Dié park en vakansiedorp beslaan 3000 hektaar en is op die suidelike grens van die Krugerwildtuin tussen Malelane en Komatipoort geleë. Dis net 20 minute vanaf die Krugerwildtuin se hek.

Mongoose Bush House het 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het en daar is 2 enkelbeddens in die leefkamer. Elke kamer het lugversorging. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die badkamer het bad en 'n aparte toilet. Lugversorging is gerieflikheidshalwe in elke vertrek beskikbaar en gaste kan lekker in die swembad naby die braaiplek afkoel.

Dis die perfekte plek vir 'n rustige bosveldkuier ver van die stadsgeraas. Die diere in die park is lekker mak en kom eet sommer op die stoep uit jou hand. Sebras, kameelperde, koedoes, springbokke, njalas, vlakvarke en nog vele meer kan in die park gewaar word. Wees ook op die uitkyk vir tientalle voëlspesies.

Een van die lekkerste doendinge in Marlothpark is om langs die rivier te gaan stap of fietsry. Hiér kan jy selfs leeus, luiperds, olifante, seekoeie en krokodille aan die Krugerwildtuin se kant gewaar. 'n Restaurant is in die winkelkompleks in Olifantstraat beskikbaar waar daar ook 'n supermark, hardewarewinkel, 'n slaghuis, 'n roomyswinkel en 'n drankwinkel is. Gaste kan hier ook hul brandstoftenks by die vulstasie volmaak voor hulle die langpad huis toe aanpak.

Kom geniet 'n rustige, lekker kuier om die braaivleisvuur op Mongoose Bush House se stoep.

Slaapplek

’n Bespreking by Mongoose Bush House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 17 resensies vir Mongoose Bush House
Netheid
3.9/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Mongoose-straat 2481, Marlothpark , 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Mongoose Bush House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mongoose-straat 2481, Marlothpark , 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzYmIzMjY0LTFmMzMtNDUwZC1iMGE2LTliNzM5NDg2ZDhiMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 6) 17 5 1 4 2481 Mongoose Street Marloth park 1320 Mpumalanga 086 999 0018 10:00-20:00 10:00 -25.337512413005 31.784670352936
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za