Monks Holiday Chalets and Caravan Park
- Kapasiteit: 221 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Hoofweg en Holiday Park, Costa Sarda, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R320 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Monks Holiday Chalets and Caravan Park is op die rand van die Knysna-strandmeer naby die middedorp geleë. Monks het 'n lekker groot karavaan- en kampeerterrein, chalets en huisies en gaste kan ook visvang en bootry op die strandmeer.
Die chalets is volledig toegerus en beskik oor aparte badkamers, toilette en kombuisies. Elke chalet bevat eetgerei en breekware, kombuistoebehore, 'n gasstoof, 'n yskas, 'n ketel, 'n broodrooster en beddegoed. Die groot chalets het 3 aparte slaapkamers en dieselfde geriewe as die ander chalets. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Daar is 22 staanplekke wat elkeen beskik oor kragpunte en toegang geniet tot skoon ablusie. Elke karavaan het 'n yskas, 'n gasstoof, eetgerei en kombuistoebehore. Beide ablusieblokke is vir gebruik deur die gaste in karavane, maar sommige karavane het hul eie privaat badkamer en toilet. Gaste moet asb. hul eie beddegoed en handdoeke saambring vir die kampeerterrein.
Gaste kan lekker afkoel in die swembad of ontspan op die grasperk terwyl hulle in die son ontspan. Buiten die bootritte en visvang op die strandmeer, kan gaste ook al langs die skilderagtige strandmeer gaan wandel. Daar is winkels, tiekiebokse en vulstasies naby Monks geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hoek van Hoofweg en Holiday Park, Costa Sarda, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Monks Holiday Chalets and Caravan Park het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 221 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Hoofweg en Holiday Park, Costa Sarda, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom