Montego Bay 6

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Montego Bay bied selfsorgverblyf op die oewer van die Hartbeespoortdam. Dit is na aan die Olifant-bewarea, Ann van Dyk-jagluiperdsentrum, Magalies Park Gholfklub en die Hartbeespoort Akwarium.

Die woonstel is op die eerste verdieping en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n kombuisarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die gedeelde badkamer is met 'n bad en stort ingerig.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond en stoof, skottelgoedwasser en mikrogolfoond. 'n Braai-area, eetarea op die stoep en onderdakparkeerplek is ook beskikbaar.

'n Gemeenskaplike swembad, tennisbaan en speelgrond vir kinders is op die perseel beskikbaar. Gaste kan heerlik in die omgewing swem, visvang, tennis of gholf speel, bootvaarte op die dam onderneem of selfs riviervlotvaart aandurf. Handdoeke word nie voorsien nie. Let asb. daarop dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Dagbesoekers word nie toegelaat nie. Die eenheid is slegs geskik vir 5 gaste.

Bote en jetski's kan vanaf Montego Bay lanseer word. Besoekers moet in besit wees van hul skipperslisensie.

Rook is verbode in die eenheid, maar daar is wel 'n balkon waar gaste kan rook. Neem asb. kennis dat daar nie sein in die area is nie en aanwysings na Montego Bay 6 sal aan gaste gestuur word. Die instansie is langs 'n informele nedersetting geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Montego Bay 6 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Montego Bay 6 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]